RUGBYNUUS - Ben Brinkhuis is kort gelede vir 'n termyn van vier jaar as president van SWD Rugby verkies.
Hy het sy teenstander Kevin van Wyk met 49 stemme verslaan. Van Wyk het 16 stemme gekry en drie afgevaardigdes het buite stemming gebly.
Brinkhuis het sedert Mei waargeneem as president nadat Hennie Baartman tot die uitvoerende komitee van Saru verkies is.
Grant Riddles is tot senior vise president verkies. Hy is die voorsitter van Seagulls in Hessequa. In sy beroepshoedanigheid is hy burgemeester van Hessequa.
Riddles het 46 stemme gekry en van Wyk 19. Drie afgevaardigdes het buite stemming gebly.
Die stemme in die verkiesing vir die presidentskap van SWD Rugby word getel. Foto: Eugene Gunning
Grant Riddles. Foto: Eugene Gunning