ALBERTINIA RUGBYNUUS - Albertinia Rangers het Saterdag 9 Julie vir 'n groot verrassing gesorg toe hy die voorloper op die puntelys in die SWD se Superliga B, Knysna, op sy tuisveld met 16-12 geklop het.
Knysna se voorspelers het 'n groot gedeelte van die wedstryd oorheers en Rangers moes hul storie ken om al die gate toe te stop.
Rangers het egter koelkop gebly, stewig verdedig en die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'