HEIDELBERG NUUS - Edgar Michaels en Marx Hartnick van Heidelberg, maar albei leerders van dié skool in George het aan die SWD-rugbyspan vir leerders met spesiale onderwys behoeftes vanaf 24 tot 28 Junie aan die SA LSEN-week in Gauteng deelgeneem.
Hartnick is 'n kranige binnesenter en is na afloop van die toernooi gekies om die SA LSEN-span tydens die Coca-Cola Akademieweek in die Paarl vanaf 9 tot 14 Julie te verteenwoordig.
Michaels speel heelagter en was ook as kaptein van die span aangewys. Die SWD-span het die Lions en Valke onderskeidelik met 75-3 en 45-10 gewen, terwyl hulle met 35-7 teen Boland verloor het om derde uit die 12 spanne te eindig.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'