Gallery
RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se eerste seunshokkiespan het teen York High se tweede span kragte gemeet in Riversdal.
Die besoekers uit George het aanvanklik gesukkel om op die grasoppervlak aan te pas, maar hulle het gou hul ritme gevind en die Dasse laat klippe kou.
Hugo Redelinghuys was langs die veld met sy kamera.
FOTOGALERY: Hoërskool Langenhoven teen York High
Cole Basson hou sy teenstander aan die raai met sy behendige stokwerk.
Daniël Loader (links) van Hoërskool Langenhoven strek behoorlik om die bal by sy teenstander van York af te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’