RIVERSDAL NUUS - Die Willehonne het die sosiale rolballiga verlede Donderdagaand beklink toe hulle die Thusong Tigers in 'n spannende eindstryd by die Riversdal-rolbalklub geklop het.
Die top-6-spanne het só geëindig uit die twaalf spanne wat in aksie was:
1. Willehonne
2. Thusong Tigers
3. Die Bosvissies
4. Aan D' Rol (Hessequa-munisipaliteit)
5. W & J Motors
6. BVSA.
Die Thusong Tigers het enduit geveg, maar mos uiteindelik die knie buig teen die Willehonne. Van links: Raymond Heunis, André Heyns, Gilmore Saal en Leighton Levak.
Cobus Goedhals gooi sy arms triomfantlik in die lug na nog 'n goeie rol deur Wikus Nel. Sy spanmaat Jancor Stegmann (regs) juig saam terwyl Leighton Levak (links) nie alte danig is met die stand van sake nie.
Die Willehonne het die sosiale rolballiga gewen deur die Thusong Tigers verlede Donderdag in 'n spannenede eindstryd te klop. Die wenspan is van links: Cobus Goedhals, Piet Lourens, Jancor Stegman en Wikus Nel. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'