STILBAAI SPORTNUUS - Kobus Ellis, Stilbaai-pluimbalklub se voorsitter, tesame met sy spanmaat, Gerald Plough is die wenners van die mans dubbelspel-plaatkompetisie tydens die SA Diamond Eagles-kampioenskap in Port Elizabeth.
Dit het vanaf 7 tot 12 November plaasgevind. Ellis is 'n passievolle pluimbalspeler wat graag sy kennis met die klublede deel.
Hy is ook as ontwikkelingsbeampte in die Eden-streek aangestel. Die klub is baie trots op hom.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'