Gallery
HESSEQUA NUUS - Van 'n beskeie begin in 2001 met net 81 atlete wat die pad tussen Heidelberg en Witsand aangeduf het, tot 'n allemintige groep van 972 atlete wat verlede Saterdag aangetree het om aan die 20ste Vlakte-marathon deel te neem.
Altesame 173 atlete het vir die 5 km-pretloop ingeskryf, 312 vir die 10 km-wedloop, 305 het aan die 21,1 km deelgeneem en 182 aan die 42,2 km.
Die Langeberg-atletiekklub verdien meer as net 'n pluimpie en 'n stewige handdruk vir hul puik reëlings om weer 'n uiters geslaagde Vlakte-marathon aan te bied. Dié ene gaan nog een van die grotes in Suid-Afrika word.
FOTOGALERY: 20ste Vlakte-marathon tussen Heidelberg en Witsand
Hugo Redelinghuys het vir Suid-Kaap Forum die aksie gaan afneem.
Nog vrolik en vars kom die vier atlete van Riversdal so skuins na 05:00 teen 'n bult opgedraf net na die aanvang van die 42,2 km-wedlopp tydens Saterdag se Vlakte-marathon. Van links: Analie Heyns, Mari Gunter, Danie Geldenhuys en Reece Hughes.
Die droomspan wat agter die skerms en in die voorste loopgrawe die Vlakte-marathon gereël het. Agter van links: Carien van Eck, Tekkis Kotze, Nico Steyn, Nic Roussauw en Piet Fiets Gildenhuys. Voor: Estea Venter, Desery van Deventer, Suzanne Louwrens en Issabella du Preez
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'