RIVERSDAL NUUS - Die manne van Black Balls het United Stars van Riversdal Sondag 26 Junie in 'n potspelwedstryd met 21 - 15 geklop.
Black Balls se C-span het die wedstryd op goeie noot afgeskop en hulle wedstryd met 7 - 5 gewen. United Stars se B-span het hulle wedstryd met 7 - 5 gewen.
Met die telling op 12 - 12 was dit die A-spanne wat sake moet uitspook om te bepaal wie die ontmoeting gaan wen.
Maar die Albertinianers se A-span het United Stars gemaklik met 9 - 3 geklop om die wen te verseker.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'