Vanjaar is geen uitsondering nie, want die 560kg-toutrekspan is vir die vyfde keer aangewys om die land vanjaar by die Toutrek wêreldkampioenskap in Amerika te verteenwoordig.
Van die vyf keer het hulle reeds by drie geleenthede goue medaljes verwerf en een silwer.
Die span bestaan uit 12 leerders met hul afrigter, Piet Lourens en spanbestuurder, Malan du Plessis.
Die groep vlieg op Sondag, 24 Augustus vanaf Kaapstad na Madison in Amerika. Hulle neem op Donderdag, 28 Augustus aan die wêreldklubkampioenskap deel en op Saterdag, 30 Augustus aan die wêreldkampioenskap.
Na afloop van die wêreldkampioenskap besoek die toergroepe verskeie plase en landbou-bedryfvertakkinge in en rondom Madison, waarna hulle op Donderdag, 4 September in Suid-Afrika arriveer.
Die span is baie goed voorbereid en oorgehaal om 'n goue medalje vir hul land los te trek.
Lourens is ook die afrigter van die o.23-span. Ouers betaal self reis- en verblyfkostes terwyl Sentraal-Suid Koöperasie en Nulandis twee van die grootste borge is wat die toergroep ondersteun.

Agter van links is TL Steyn, Evert Odendaal, SJ Marais, Louhan van Zyl, James Cowley, MC du Plessis en Francois Barnard. Voor is Pieter Uys, Stephanus Schoeman, Piet Lourens, Ian de Wet (kaptein) en Hans Schutte.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'