HESSEQUA NUUS - Die gewilde Vlakte-marathon, wat op Saterdag 26 November van Heidelberg tot by Witsand/Ford Beaufort aangebied word, vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar met 'n hele paar nuutjies.
Om dié mylpaal te vier sal atlete kan deelneem met 'n spesiale T-hemp en is medaljes ook spesiaal vir die geleentheid ontwerp.
Alle opbrengste is ten bate van Kansa en tydens die prysuitdeling sal 'n tjek namens Kansa, aan 'n persoon oorhandig word wat kanker oorleef het.
Atlete kan kies uit die volgende afstande: 42,2 km, 21,1 km, 10,4 km of 'n 5 km-pretloop.
Die Vlakte-marathon is ook die ideale gesinsuitstappie al neem jy nie deel nie.
Daar sal 'n biertent en kosstalletjies by die eindpunt beskikbaar wees en vermaak vir almal.
Vir enige navrae bel Nico Steyn by 083 226 3091 of Carien van Eck by 082 592 0150.
Na verwagting sal talle atlete uit Hessequa weer deelneem aan vanjaar se Vlakte-marathon.
Dis soveel makliker om in 'n groep saam te draf. Foto's: Deidre Cloete
Om 'n marathon op jou eie aan te durf verg moed en senuwees van staal.
Dis seker net die fiksste atlete wat só sal juig ná 'n marthon van 42,2 km.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'