SLANGRIVIER NUUS - Tigers Shooters-potspel-klub van die dorp het Sondag 17 Junie Young Stars met 26-10 in hul Hessequa-tuiswedstryd gewen.
Al drie spanne het gemaklik gewen. Shooters A-span het met 9-3, B-span 9-3 en C-span 8-4 gewen.
Davids is as speler van die wedstryd aangewys. Hulle beklee nou die tweede plek op die ligatabel agter Playboys van Riversdal.
Die twee voorlopers speel Sondag op Riversdal teen mekaar en 'n reusestryd kan verwag word.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'