SLANGRIVIER NUUS - Verskeie potspelspanne het aan die Hessequa-potspelunie wedstryde op Sondag 8 Julie deelgeneem.
Tigers Shooters-potspelklub het tydens hul tuiswedtryd teen Powerkids van Heidelberg, hul gaste behoorlik laat les opsê. Tigers wen 22-14.
Die C-span wen met 8-4 terwyl beide die B en A-spanne met 7-5 onderskeidelik gewen het.
Jason Hendricks is as speler van die wedstryd aangewys. Tigers Shooters speel teen Dé Ja Vu-potspelklub van Heidelberg Sondag 15 Julie. Dit is Tigers se eerste tweederondte wedstryd weg.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'