SLANGRIVIER NUUS - Tigers Shooters-potspelklub het in hul Hessequa-potspelunie derby tuiswedtryd, Spiders-potspelklub, ook van die dorp met 31-5 Sondag 22 Julie gewen.
Die C-span wen met 10-2, B-span met 9-3 en die A-span met 12-0. Met die wen, behou Tigers Shooters hul derde plek op die ligatabel agter Playboys en Déjà Vu wat onderskeidelik tweede en eerste plekke beklee. Marcello Philander is as speler van die wedstryd aangewys. Tigers Shooters speel Sondag 29 Julie weg teen Angels van Heidelberg.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'