SLANGRIVIER NUUS - Tigers Shooters Potspelklub van Slangrivier het Sondag 13 Mei tydens hul Hessequa Potspelunie wedstryd net - net met De Ja Vu Potspelklub van Heidelberg, afgereken.
Die wentelling was 19-17. Die onderskeie tellings was, C-span: 8-4 in De Ja Vu se guns, Tigers Shooters se B asook A spanne, het onderskeidelik met 7-5 en 8-4 die bordjies verhang. Peter Michaels, is as Speler van die Wedstryd aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'