TUINROETE DISTRIK ROLBALNUUS - Heidelberg-rolbalklub het Saterdag, 15 Mei 'n baie suksesvolle SSK-borgdag aangebied.
Spanne van Barrydale, Mosselbaai, Riversdal, Stilbaai, Swellendam, Witsand en Heidelberg het deelgeneem.
Die weer was perfek vir die spelers én die boere met die eerste reëndruppels wat na afloop van die dag se spel geval het.
Uitslae
1. Stilbaai: Peter Alexander, Xenny Yasbek en Lynette Erasmus;
2. Mosselbaai: Marius Roberts, Marlene Coetzer en Jurgens Truter;
3. Swellendam: Leni van Schalkwyk, Robert Goskar en Rita Browne.
Mosselbaai was in die tweede plek. Van links is Marius Roberts, Marlene Coetzer en Jurgens Truter.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'