STILBAAI SPORT NUUS - Studente van die Stilbaai-akademie vir gemengde vegkuns (mixed martial arts) het die klub en dorp op 8 en 9 Junie tydens die SWD Eden Classic in George verteenwoordig.
Die toernooi dien as proewe vir die SWD Mixed Martial Arts. Studente wat plekke los geskop het kwalifiseer om hul provinsie later vanjaar by die Suid-Afrikaanse kampioenskap te verteenwoordig.
Sensei Victor-Arno Visagie en Riaan Gelderblom (hulpafrigters) en sensei Victor Visagie (hoofafrigter) is trots op al hul studente, veral op die klomp juniors wat vir die eerste keer hul staal moes wys.
Hulle bedank ook vir Tine-Mari en Lilian wat tydens die toernooi hard agter die skerms gewerk het.
Presteerders
Riaan Gelderblom: Grappling 98 kg+ Advanced - goud;
Kobus Labuschagne: 85-95 kg Intermediate points - silwer, Continuous - goud, Grappling - goud;
Kirsty Hulme: 60-70 kg Points - goud , Continuous beginners - silwer, MMA 55-64 kg - brons;
Connor-Daniel Landman: 65-75 kg Points beginner - goud, Continuous 65-75 kg - goud;
Lia Nieuwenhuis: Point Girls 6-7 Beginner - goud, Continuous Girls 7/u beginner - goud.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'