STILBAAI KARATE NUUS - Die dorp se dojo's het op Saterdag 29 September aan die Karate Kyousei nasionale toernooi deel geneem.
Dit was hulle eerste groot kompetisie en het die dorp se naam hoog gehou. Die studente het meegeding met karatekas van alle dojo's in die Wes-Kaap, maar dit het hulle nie laat terugstaan nie.
Hulle het die volgende medaljes in kata en kumite verwerf:
- Divan Kleinhans (brons kumite),
- Ashwin Botha (silwer kata en brons kumite),
- Leyton Steward (2 brons kata en kumite),
- Renee Davids (goud kata en silwer kumite),
- Valentino Kortjé (2 brons kata en kumite),
- Duzahn Botha (brons kumite),
- Brahim Michaels (silwer kumite) en
- Jaron Micheals (goud kata en silwer kumite)
Hulle sensei Henry Jaftha (sers. Jaftha van Stilbaai-polisie) is baie trots op hulle.
Hulle sensei Henry Jaftha (sers. Jaftha van Stilbaai-polisie) is baie trots op hulle.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'