STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-roeiklub bied die naweek van 27 en 28 September 'n branderskikompetisie aan wat roeiers beslis tot die uiterste gaan beproef.
Saterdag 27 September is daar 'n 20 km resies op die see en Sondag 28 September 'n 12- en 24 km roete op die Goukourivier.
Heelwat kontantpryse is op die spel, interessante gelukstrekkings en ook 100 spesiaal geborduurde handdoeke is deel van die pryse.
Die bymekaarkomplek is by Hulle by die See (die ou Lapskuit). Saterdag se verrigtinge begin 14:00 en Sondag is dit 09:00.
Inskrywings is deur die PSA webblad vir PSA lede en EntryNinja vir nie-lede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’