HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rolbalklub se SSK-borgdag het Saterdag 13 Mei plaasgevind en spanne van Barrydale, Groot-Brakrivier, Riversdal, Robertson, Stilbaai, Swellendam en Witsand het saam met Heidelberg deelgeneem.
Die dag het met pragtige droë weer begin, maar toe kom die reën in die namiddag. Rolbalspelers is egter taai en speel in alle weersomstandighede sonder om te kla.
Die span van Stilbaai - Xenny Yazbek, Annelie van Renen en Dup van Renen - het uiteindelik die reën die beste gehanteer en met die louere weggestap.
Heidelberg-rolbalklub wil vir SSK baie dankie sê, want sonder hulle borgskap sou die dag nie kon plaasvind nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’