RIVERSDAL NUUS - Die spertyd vir atlete en stappers wat aan die Ultra Trail Sleeping Beauty-bergwedloop op Saterdag 5 April wil deelneem, is uitgestel tot om 24:00 vandag (Maandag 17 Maart).
Anja Louw, hooforganiseerder van dié bergwedloop, het aan Suid-Kaap Forum gesê daar is slegs 'n paar plekke nog beskikbaar.
"Vir die 10 km-wedloop was daar teen vanoggend nog net sewe oop plekke beskikbaar. Ons het 'n beperking van 100 plekke vir elke afstand gereserveer."
Die 10 km-wedloop sal jou R200 uit die sak jaag.
Die aanvanklike afsnydatum was Saterdag 15 Maart.
Vir meer inligting besoek die webwerf: www.utsb.co.za of volg hulle op Facebook en Instagram.
Die kontakpersoon is Anja Louw by 079 498 6325 of stuur 'n e-pos na race@utsb.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’