RIVERSDAL ROLBALNUUS - Die gewilde jaarlikse sosiale liga het Dinsdag, 16 Februarie by Riversdal-rolbalklub afgeskop.
"Uit 32 spanne het 16 spanne Dinsdag die balle begin rol en Donderdag het die ander 14 spanne ook hul spel voltooi.
Twee van die 16 spanne het nie gespeel nie, maar verskoning gemaak," vertel Charl Nortjé, die klub se media woordvoerder.
Vir week een het Agri B die grootste punteverskil van 15 vir Dinsdag spel. Vir Donderdag het P&P Smartshoppers 1 die grootste punteverskil van 18.
"Ons is van mening dat dit 'n suksesvolle eerste week van die sosiale liga was. Ons sien uit om voort op hierdie sukses te bou," sê Nortjé.
Hy noem dat die klub beoog om in die komende jare nog spanne te werf om in te skryf en as die Covid-19-regulasies dit toelaat, al die bane Dinsdae en Donderdag vol spelers te hê.
"Ons wil probeer om die spangetalle teen volgende jaar bo 40 spanne te hê."
Hy het afgesluit deur te noem dat alle Covid-regulasies, soos voorgeskryf deur Eden-Bowls en Bowls SA gevolg word.
SP Vermaak het Platklowers verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'