Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-rolbalklub se sosiale liga vir besigheidspanne en ervare klubspelers is vir die jaar afgehandel.
Die Murder Boys, bestaande uit Francois Damons, Brendon Damons en Relton Damons, het die klubligatoernooi gewen met die Tigers in die tweede plek en die Golden Girls derde.
In die besigheidsliga, waar pret en plesier soms met aksiebelaaide rolbal afgewissel is, het W&J Motors met die eerste prys weggery.
Dié span is aangevoer deur hul spanbestuurder, Hugo van Dyk, wat sy spanlede - Marco Booysen, Dougie Slabbert, Eddie Dyason en Francois van Dyk - deur al die uitdagings van rolbal genavigeer het.
FOTOGALERY: Sosiale liga vir besigheidspanne en ervare klubspelers
Rola Ford het dapper geveg, maar moes met die tweede plek tevrede wees terwyl die Thusong Tigers in die derde plek klaargemaak het.
Die Roly Poly's het die geesbeker gewen vir hul bruisende geesdrif en kwinkslae op die baan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’