RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-rolbalklub se gewilde sosiale liga sal weer van 22 Februarie tot 30 Mei by die klub aangebied word.
Slegs 24 spanne kan by die klub geakkommodeer word en besighede, inwoners en selfs families kan as 'n span inskryf.
Daar sal 'n losmakergeleentheid op Donderdag 8 Februarie wees waar spanne kan oefen om hul "oë en rigting" te belyn.
Die liga begin amptelik op Donderdag 22 Februarie.
Dit kos R600 om 'n span in te skryf en die klub verkies dat betalings elektronies gedoen word. Betalings moet vóór of op 25 Februarie gemaak word.
Vir enige navrae kontak die tesourier, Celvin Basson, op 073 148 7717.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’