STILBAAI NUUS - Die 22 spanne wat deelneem aan Stilbaai Rolbalklub se sosiale liga begin nou ernstig kyk na waar hulle op die ranglys lê aangesien daar nog net twee toernooie oorbly.
Die finale toernooi vind plaas Donderdagaand 28 November en daar is 'n paar spanne wat dit hard uitspook om as wenners gekroon te word.
Dit is nog te vroeg om voorspellings te waag, maar daar sal 'n paar spanne uittroon na die vyfde toernooi Donderdag 21 November.
Kom ondersteun gerus die spanne die volgende twee Donderdagaande en deel in die lekker gees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’