SPORT NUUS - Lede van die Neill Calitz-skietklub het Woensdag se heerlike weer goed benut om hul skietvernuf tydens die gereelde skietoefening op die Pienaar-skietbaan te toets.
Willie Germishuys het 'n prag 99/100 met die .22 oor 10m behaal met beide Bennie van den Heever en Suzette Herrer (98/100) tweede en Calie Brown (97/100) vierde.
Calie het egter 'n puik 49/50 met die 9mm oor 10m geskiet terwyl Willie (47/50) en Bennie (46/50) met onderskeidelik die tweede en derde plekke tevrede moes wees.
Uitslae
.22: 1. Willie Germishuys; 2. Bennie van den Heever en Suzette Herrer; 4. Calie Brown; 5. Hannes Ingram; 6. Gerrie Bester; 7. Liam Brown en Gert Nel; 9. Hans Willemse; 10. Johanna Germishuys.
9mm: Calie Brown; 2. Willie Germishuys; 3. Bennie van den Heever; 4. Gerrie Bester; 5. Hans Willemse; 6. Johanna Germishuys en Hannes Ingram; 8. Rey Roodt.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'