TUINROETE | KAROO NUUS - Suid-Afrika se bestes in toutrek het die afgelope naweek hul staal op Mosselbaai kom wys.
Laer- en hoërskole en klubs van regoor die Eden-distrik en die res van die land het puik prestasies opgelewer.
In die seuns se stewels premier-afdeling het Hoër Landbouskool Oakdale so byna byna skoonskip gemaak, maar Hoërskool Robertson se 520kg-span het hulle in dié gewigsklas oorwin.
Hoërskool Swellendam het die dogters 440kg gewen, Hoërskool Melkbosstrand die dogters 480kg, Robertson die 520kg dogters en die goue medalje vir die 520kg gemeng het aan HTS Drostdy gegaan.
By die kaalvoet premier-afdeling het Laerskool Buffeljags goud vir beide die 230kg en 280kg gekry. Bontebok Primêr wen die 320kg, Suurbraak Primêr wen die 340kg en Laerskool Wesbank wen die 360kg. Die Westcliff Bulldogs Klub wen goud vir beide die 400kg en 440kg.
In die ontwikkeling-afdeling wen Mosselbaai se Hoërskool Punt die 520kg gemeng.
Bontebok kry nog twee goue medaljes, een vir die 230kg en een vir die 320kg terwyl die Bulldogs drie gewigsklasse wen: 360kg, 400kg en 440kg (kaalvoet).
Wysersdrift Primêr het goud vir die 280kg gekry en Swellendam wen beide die 440kg en 480kg.
Oakdale wen nog ‘n gewigsklas met die 520kg en Hoër Jongenskool Paarl neem die eerste posisie in die 560kg.
Vir die verskillende kategorieë en gewigsklasse se eerste tot vierde posisies, gaan na: https://www.mosselbayadvertiser.com/Sport/Article/Other/sa-se-beste-junior-toutrekkers-kom-van-hier-202503240333
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’