RIVERSDAL NUUS - Drie van Hoërskool Langenhoven se ruiters het van 26 April tot 4 Mei aan die nasionale saalperdkampioenskap tydens die Bloemfontein-skou deelgeneem.
Mariechen Goedhals behaal 'n derde plek in die kinderparkperd, ruiters 18 jaar en onder (3-gang), 'n vyfde plek in die siertuigperd, drywers 18 jaar en onder en 'n sesde plek in die 5-gang kinderryperd, ruiters 16 jaar en onder.
Carla Conradie is die reserwe kampioen in die 5-gang ruiter o.18, sy behaal 'n vierde plek in die kamp 3-gang parkperd en 'n agste plek in die groot kinder 5-gang kampioenskap.
Anja Joubert behaal 'n derde plek in die 3-gang kinderryperd 16 jaar en onder (ruiterkuns) en 'n sewende plek in die kampioen van kampioene.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'