Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die spanning is besig om op te laai vir die finale uitspeelrondes in die sosiale rolballiga vir besigheidspanne wat op Riversdal-rolbalklub se bane gespeel word.
Die halfeindwedstryde is gisteraand beslis. In die besigheidsliga het die FAB4 en Rola Ford mekaar aangedurf en W&J Motors het teen Thusong Tigers te staan gekom.
In die sosiale klubliga was dit die Murder Boys teen die Golden Girls en Pitbulls wat teen die Tigers tande gewys het.
Die eindstryde word op Donderdag 9 November afgehandel.
Hugo Redelinguys het vir Suid-Kaap Forum aksiefoto's by een van die uitdunne afgeneem.
FOTOGALERY: Sosiale rolballiga vir besigheidspanne
Kajuitraad om te besluit watter balle is nog in die spel. Van links: Corné Steyn, Jaco de Beer, Francois van Schalkwyk, Henlo Strauss en Kobus Coetzee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’