Gallery Update Video
HEIDELBERG SPORTNUUS EN VIDEO - Die Heidelberg rolbal-kriekettoernooi het Donderdagaand, 7 Oktober by die plaaslike rolbalklub afgeskop. Dit is die negende jaar wat dit aangebied word.
Die onderskeie spanne en hul handjievol ondersteuners was deur die ondervoorsitter, Sophia Bischoff verwelkom.
Die voorsitter, Chris Evert het sy ontevredenheid te kenne gegee omdat daar volgens hom teen rolbal gediskrimineer word as dit by toeskouerbywoning kom.
FOTOGALERY: Heidelberg rolbal-kriettoernooi skop af
Volgens Evert kan ander sportsoorte, asook ander sosiale verrigtinge veel meer toeskouers as rolbal akkommodeer en voel hy dit is nie regverdig nie.
Die eerste ronde se wedstryde het in 'n goeie, maar kompeterende gees begin en het slegs een wedstryd gelykop geëindig.
Uitslae
Rockers wen teen Warriors; Dolphins wen Cobras; Pepper Pirates wen Bubbling Broccoli; Old Farts wen Bowling Stones, Kanimor wen Mighty Marrows en Techron Riders speel gelykop teen Proteas.
Die tweede ronde het Donderdag, 14 Oktober plaasgevind en uitslae was teen druktyd nie bekend nie.
Die verrigtinge het aan streng Covid-19-regulasies voldoen.
VIDEO: Rolbal-kriekettoernooi skop af
Die groep van Sentraal-Suid Koöperasie het ook deelgeneem. Van links: Sharlene Lerm-Willemse, Henry Arends, Michael Lucas, Sonja Malherbe, Reginald Bezuidenhout, Christo Slingers, Rudi Nel, Garth Esau en Johan van Wyk.
lmar Xaluva wys haar vernuf met die bal.
VORIGE ARTIKEL: Rolbal-krieket toernooi skop af
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'