Gallery
RIVERSDAL NUUS - Riversdal-rolbalklub het onlangs geld vir KANSA ingesamel.
Omdat die besigheidsliga elke Donderdagaand gespeel word, het die bestuur besluit om van die geleentheid gebruik te maak deur geld vir KANSA in te samel.
Die klub het ’n sertifikaat ontvang en die wenspan, Die Worsies, het elkeen ’n medaljé gekry. ’n Groot bedrag geld is ingesamel.
Almal is welkom om Woensdae en Saterdae by die klub te kom speel.
Johlene Streicher stap om die baan om nog geld in te samel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'