RIVERSDAL NUUS - Drie inwoners van Riversdal se groot droom - om ‘n bergwedloop op die pragtige wandelpaaie buite Riversdal aan te bied - gaan uiteindelik bewaarheid word met die aanbied van die Ultra Trail Sleeping Beauty (UTSB) op 5 April vanjaar.
Dié bergwedloop is 'n eerste vir Hesequa.
Die wegspring en einde is by die Windhoek-gasteplaas van Pierre en Heidi Vermaak.
Met die gedagte om van Riversdal se ons langverlore wandelpaaie weer oop te maak, het Tielman Roos van Riversdal Voortrekkers met die gedagte gekom om 'n bergwedloop te hou, waar fondse wat ingesamel word, teruggeploeg word in die onderhoud en opknapping van ons pragtige wandelpaaie.
Hy en Anja en Chrisman Louw het koppe bymekaar gesit om die bal behoorlik aan die rol te kry en nou kan Riversdal binnekort spog met 'n bergwedloop wat nasionale - en selfs internasionale - belangstelling sal lok
Inskrywingsgeld vir die verskillende afstande is: 10 km (R200), 20 km (R400), 40 km (R1500) en die 65 km (R2200).
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Maart en net 'n beperkte getal atlete sal kan deelneem.
Vir meer inligting besoek die webwerf: www.utsb.co.za of volg hulle op Facebook en Instagram.
Die kontakpersoon is Anja Louw by 079 498 6325 of stuur 'n e-pos na race@utsb.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’