HEIDELBERG NUUSFLITS - Rekords het tydens die jaarlikse Vlakte Marathon gespat wat op Saterdag 25 November plaasgevind het.
Langeberg Atletiekklub bied die marathon aan en samel elke jaar geld ten bate van CANSA in.
‘n Tjek van R10 000 is Saterdag aan hulle oorhandig.
Die Vlakte Marathon is 'n kwalifiserende marathon vir die Comrades, wat 'n groot trekpleister is vir atlete wat inskryf.
"Wat die wedloop spesiaal maak, is al die vrywilligers wat help.
Daar is 13 waterpunte op die pad - elke 3 kilometer op die 42.2 kilometer-afstand en dit is net vrywilligers op die dorp wat dit beman," sê Lee-Anne Stoffberg.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'