Gallery
RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se hokkiespanne het verlede Saterdag redelik goed gevaar teen hul eweknieë van Bredasdorp en vier wedstryde gewen terwyl twee gelykop geëindig het.
Die uitslae is as volg:
Seuns
- o.18A wen 2 - 1;
- o.16A speel 1 - 1 gelykop.
Dogters
- o.14A vs o.16B wen 8 - 0;
- o.16A wen 2 - 0;
- o.16B speel 0 - 0 gelykop
Reën het die netbalwedstryde teen Drostdy en Bredasdorp redelik in die wiele gery hoewel 'n paar wedstryde darem wel kon plaasvind.
Die helfte van die wedstryde kon binnenshuis by die Oakdale-sportsentrum afgehandel word.
FOTOGALERY: Sport gaan voort ter midde van die reën
Loumé Snyman moker die bal verby 'n aanstormende verdediger van Bredasdorp. Snyman het uitgemunt.
Die uitslae:
- o.14A wen Bredasdorp 12 - 9;
- o.14A wen Drostdy 18 - 8;
- o.15A wen Bredasdorp 14 - 7;
- o.15A speel 5 minute teen Drostdy met 3 - 1 voordat gietende reën die wedstryd stop;
- o.16A wen Bredasdorp 13 - 10;
- o.16A wen Drostdy 14 - 8;
- o.18C verloor teen Drostdy
- o.17A verloor 10 - 12;
- o.18B wen Bredasdorp 12 - 7;
- o.18A verloor teen Drostdy 17 - 29;
Die eerste span wen Bredasdorp 35 - 29.
Sarise Oosthuizen (links) kry die bal net betyds weg van 'n verdediger.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'