HESSEQUA ROLBALNUUS - Na al die reën die afgelope tyd wat veroorsaak het dat spel uitgestel moes word, is die sosiale rolballiga Donderdag, 20 Mei voortgesit.
Hi-Q en Bollerollers, asook W&J Motors en Rietmuskiete het teen mekaar uitgespeel.
W&J Motors en Bollerollers het na die finaal deurgedring en sou gister, 27 Mei gespeel word indien die weer toegelaat het.
Gewone spel het Saterdag, 22 Mei plaasgevind. Pieter Kleinhans (lei) en Retha Lategan (skip) was die wenners van Spar-geskenkbewyse.
Saggie van As van die Rietmuskiete-span in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'