RIVERSDAL NUUS - As jy die komende naweek met Jan Tuisbly se karretjie rondrits, kan jy gerus Saterdagoggend 22 Maart by die Riversdal-sportstadion langs die Steg gaan inloer.
Die Garden Route-distriksmunisipaliteit bied dan 'n 5 km-pretdraf aan met die doel om 'n groter bewustheid oor tuberkulose (TB) by inwoners te skep.
Registrasie van atlete begin om 07:30 en die pretloop begin stiptelik om 08:30.
Vir enige navrae kontak Dorin Pick by 067 034 9591 of Bronwen Moolman by 061 445 2902.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’