HESSEQUA SPORTNUUS - Potspelspanne het Sondag, 30 Mei weer teen mekaar te staan gekom met goeie resultate.
Die V-DuB-potspelspan het teen DC United op Heidelberg kragte gemeet en die wedstryd met 19-17 verloor.
V-DuB kon nie die pas volhou nie en hulle B- en A-spanne het albei met 6-6 geëindig. Die C-span delf die onderspit met 5-7.
Black Balls van Albertinia sou teen Golden Que van Heidelberg speel, maar hulle het van die Langeberg-potspelliga onttrek en Black Balls kry dus vyf punte by.
Down Town het hulle daaropvolgende wedstryd teen Hybrids van Heidelberg gespeel en met 19-17 verloor.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'