ALBERTINIA NUUS - Die Young Ones 2 het Sondag 18 Februarie hulle rieme behoorlik styfgeloop in 'n ligawedstryd teen Playboys van Riversdal.
Laasgenoemde wen die wedstryd gemaklik met 25-11 en palm sodoende 'n welverdiende bonuspunt in.
Young Ones het geen kans teen die ervare spanne van Riversdal gehad nie.
Vir Playboys het Arnold Pieterse, Elroy Jacobs en Dillon Jansen die beste gevaar en het hul wedstryde met groot gemak gewen.
In 'n ander wedstryd het Young Ones 1 ook 'n loesing gekry van Golden Que van Heidelberg, wat die wedstryd met 22-14 wen.
Ervaring het 'n groot rol gespeel.
Vir Playboys het Arnold Pieterse, Elroy Jacobs en Dillon Jansen die beste gevaar en het hul wedstryde met groot gemak gewen.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'