ALBERTINIA NUUS - Hendricus Botha het uitstekend gevaar tydens vanjaar se Victory Raceway-hitsmotorkampioenskap op Saterdag 10 September in Port Elizabeth.
Botha, wat sedert 2013 deur Albertinia-meubelvervoer geborg word, het in die klas 2.1 'n eerste plek in die eindronde behaal.
In die eerste rondte het hy agste weggespring en tweede geëindig, in rondte twee spring hy derde weg en eindig eerste en ook in die derde rondte eindig hy eerste na hy agste weggespring het.
Werner Oosthuizen het met sy eerste wedren in die George Heavy Metal SA kompetisie wat onlangs plaasgevind het, tweede in die eindronde geëindig.
Hy word ook deur die meubelvervoermaatskappy geborg.
‘n Opgewonde Werner Oosthuizen voor sy eerste kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'