RIVERSDAL NUUS - Christiaan Theunissen (graad 10) ken sy sit op 'n perd se rug. Tydens die SA Nasionale saalperdkampioenskap in Bloemfontein verower hy die reserwe kampioenskapstitel in die driegang-plesierperdklas met ruiter 18 jaar en onder.
In die kampioenskapklasse word hy onderskeidelik 4de en 5de geplaas. Hy behaal in die groot kampioen driegang-plesierperdklas met kinderruiter 18 jaar en onder 'n 6de plek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'