ALBERTINIA SPORT NUUS - Oud maar nog lank nie koud.
Dit het die Huppel-in-die-stap-span van Albertinia-Versorgingsdienste Dinsdag 1 Oktober tydens 'n sportdag vir bejaardes op Van Riebeeck-stadion op Mosselbaai opnuut bewys.
Spanne van verskillende tehuise vir bejaardes het tydens die sportdag teen mekaar deelgeneem.
Dié span onder leiding van Claudia Terblanche het die medalje vir die beste gees gewen.
"Elke lid van die span gaan die medalje vir 'n rukkie dra," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'