RIVERSDAL NUUSFLITS - Die 560 kg-toutrekspan van Die Hoër Landbouskool Oakdale het op Sondag 24 September 'n silwer medalje tydens die wêreldkampioenskap in Southport, Engeland verower.
Die Oakdalers het in die uitdunronde teen Engeland, Switserland, België, Nederland, Swede en Chinese Taipei getrek.
Hulle dring na die halfeindronde deur, waar hulle die spanne van Nederland en Chinese Taipei oortuigend wen om na die eindronde teen Switserland deur te dring.
Die span word na 'n waarskuwing met betrekking tot 'n tegniese aspek uitgeblaas en word Switserland as die wenners gekroon.
Oakdale se SA-toutrekspan is agter, van links mnr. Tienie van Wyk (afrigter), JJ van der Vyver, Pierre Blignaut, Koos Botha, Johan Swart, Tiaan Conradie, mnr. Piet Lourens (afrigter) en André Matthee. Voor: Matthys Swart, FC Kriel, De Wet Theunissen en Petrie Frick.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'