HEIDELBERG NUUS - Eathan Davids, een van Heidelberg se vele talentvolle sportmanne, benodig dringend finansiële hulp om sy droom te realiseer.
Davids (21) is gekies om die Overberg-distrik tydens Netbal Suid Afrika se manskampioenskappe by Ellispark, Johannesburg, vanaf 25 tot 30 September te verteenwoordig.
Hy is ook afrigter van beide Hoërskool Heidelberg en De Waalville Primêr se netbalspanne.
Volgens Davids benodig hy nog R3 500 om aan die prestige toernooi deel te neem.
Enigiemand wat Davids kan ondersteun om sy droom te verwesenlik kan hom by 063 023 0734 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’