RIVERSDAL NUUS - Carlyne Hendricks is na afloop van die Eden seniors mansnetbalproewe op 26 Januarie op Hartenbos in die Wes-Kaap span opgeneem.
Hy is een van 12 spelers wat aan die Wes-Kaap netbaltoernooi op Hermanus vanaf 12 tot 14 April gaan deelneem.
Hy sal ook in September vanjaar aan die nasionale manstoernooi in Polokwane deelneem.
Hendricks, 'n afrigter by Blues-netbalklub, gaan nie net self speel nie, maar is ook een van die skeidsregters by hierdie toernooi om sy Netbal SA gradering te verwerf.
Sy droom is om in 2023 by die netbalwêreldbeker as skeidsregter op te tree om sy land te verteenwoordig.
Hy benodig egter finansiële steun om sy deelname op Hermanus en later in Polokwane moontlik te maak. Persone wat belangstel om hom te borg, kan hom by 061 640 6233 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'