RIVERSDAL NUUS - Almal weet die Hoër Landbouskool Oakdale se toutrekspan het die ratsste en kragtigste greep ter wêreld.
En nou, ‘n klipgooi van dié trotse tradisie, het die landelike skooltjie, Molenrivier Primêr, dié sport drie weke gelede begin as deel van kinders se liggaamlike ontwikkeling en die ontginning van konsentrasie en vastrap, dissipline en vasgryp, uithouvermoë en oorwinning.
Dié skool se spannetjie het vanjaar die eerste keer by die Heidelberg-landbouskou gewys hoe hulle die stof laat spat en geanker kan bly.
"Die dogters het veral geskitter, het dit vreeslik geniet, by die skou geskitter en groot welslae behaal,” sê die skoolhoof Cynrol Saayman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’