MELKHOUTFONTEIN NUUS - Renaldo Oktober, Sanesa-ryer van die skool het op 9 Februarie aan verskeie items deelgeneem waar hy onderskeidelik twee tweede plekke en 'n eerste plek verwerf het.
Hy het die afgelope naweek aan Riversdal-landbouskou deelgeneem in verskeie afdelings waarin hy ook goed gevaar het.
Oktober het verlede verskeie prestasies behaal as gevolg van goeie gemiddelde punte deur die jaar: Goud vir dans met perd (dressage), goud vir perd en ruiter se netheid en voorkoms (performance riders), goud vir die hindernisbaan (working riding).
Hy word deur sy pa, Allister Louw en hulpafrigter Isabella Kruger afgerig.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'