STILBAAI NUUS - Die derde jaarlikse Stilbaai Kayak-visvangkompetisie, aangebied deur Stilbaai Adventures vind eerskomende naweek, 27 en 28 Februarie plaas.
"Dit behels twee dae se hengel vanaf die deelnemers se kayaks, met die prysuitdeling wat na die kompetisie Sondag by Stables plaasvind," vertel Eugene van der Walt, organiseerder.
Volgens Van der Walt is meer as 50 inskrywings reeds ontvang, wat dit een van die grootste kayak-visvangkompetisies in die Wes-Kaap maak.
Inskrywings kan steeds aanlyn gedoen word by www.kayakfish.co.za, asook op die dag van die kompetisie by die NSRI-gebou by die hawe. Inskrywings sluit Saterdag om 07:00.
Vir meer inligting kan Van der Walt gekontak word (082 073 8566).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'