HESSEQUA NUUS - Die skool se skyfskietspan verower verskeie toekennings vanaf 24 tot 25 Augustus tydens die Wes-Kaap-kampioenskap op Bellville.
Johanné van der Vyver behaal haar WP- en Eden-kleure en ontvang 'n beker vir die topdameskut vir 2018. Sy verwerf ook twee goue medaljes. Petra Crafford behaal haar WP- en Eden-kleure en ontvang 'n trofee vir beste vordering.
Sy verwerf ook twee silwermedaljes. Cyrilene Coetzee behaal haar Eden-kleure en verwerf twee silwermedaljes. Sy skiet ook op die dag haar persoonlike beste.
Bernita Struwig behaal haar Eden-kleure en verwerf 'n silwer- en goue medalje. Anouska Fouché kry haar Eden-kleure en verwerf 'n silwer- en goue medalje. Sy kry ook beste vordering algeheel. Johanné van der Vyver, Petra Crafford en Cyrilene Coetzee is in die WP-span opgeneem om die Wes-Kaap op 5 en 6 Oktober by die SA kampioenskap in Durban te verteenwoordig. Mnr. Herman Rall, afrigter, is as ondervoorsitter van die Wes-Kaap provinsiale bestuur gekies en ook as spanbestuurder vir die SA kampioenskap.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'