RIVERSDAL PERDRY-NUUS - Dehan Pottas (gr. 9) en Leané Pottas (gr. 12) het aan die nasionale jeugskou vanaf 30 September tot 3 Oktober deelgeneem.
Dehan het in die senior perdeklas en senior perde-groepsklas deelgeneem en 'n silwermedalje in die perde-groepsklas verower. Leané was die afrigter van die perdespan, wat die volgende verwerf het: Beide reserwekampioene (silwermedalje) in die junior en senior perde groepsklas.
In die junior klas word 'n silwermedalje behaal en in die senior klas 'n brons. Hul verwerf ook 'n tweede en derde plek in die junior skouman en 'n vyfde plek in die senior skouman.
Dehan Pottas
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'