RIVERSDAL NUU S- Leerders het tydens die Riversdal-landbouskou van 14 tot 17 Februarie die volgende prestasies behaal: Carla Conradie is die reserwekampioen in die saalperd 5-gang kinderryperdkampioenskap.
Met die groot 5-gang SA boerperdkampioenskappe behaal sy 'n derde plek.
Sy behaal ook twee eerste en twee tweede plekke. Mariechen Goedhals behaal 'n derde plek in die kampioen 5-gang ryperd (o.18) en 'n derde plek in die 5-gang ryperd (o.18).
Leané Pottas is die reserwekampioen in ope 3-gang tradisionele kampioenskap en het as ringgids by die jeugskou (perde-afdeling) opgetree.
Sy behaal ook 'n eerste plek in die ope 3-gang merrie en twee tweede plekke.
Tannah Strydom behaal 'n eerste plek in SA boerperd ruiterkuns (o.15) en twee vyfde plekke.
Marizél de Villiers behaal 'n vyfde plek in 3-gang tradisionele kampioenskap, 'n tweede, vierde en vyfde plek.
Leerders het tydens die Riversdal-landbouskou, Hoërskool Langenhoven se naam hoog gehou.
Anja Joubert is die kampioen in 3-gang kinderryperdkampioenskap en verwerf 'n eerste plek in kinderparkperd vir ruiters o.14.
Sy behaal ook 'n tweede plek.
Rueben Lourens behaal 'n derde plek in die junior perde-afdeling en Marco Marx 'n tweede plek.
Nadia Enslin behaal 'n eerste- en vierde plek. Dehan Pottas behaal 'n tweede plek in die ope tradisionele beste stapper bo 14 jaar en 'n derde plek in die senior perde-afdeling.
Zoë Heyns behaal 'n eerste plek in perdespringsport, asook drie tweede, twee derde en 'n vierde plek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'