RIVERSDAL SPORTNUUS - Die 560kg-toutrekspanne het tydens die afgelope SA toutrek-kampioenskap op 24 April op Oakdale-bodem weer eens koning gekraai.
Die A-span het in 'n sege teen Hoërskool Swellendam die goue medalje verower.
Die 560kg B-span het in 'n taai stryd teen Worcester Gimnasium as bronswenners uit die stryd getree.
Hierdie Oakdalers se sukses lê in deursettingsvermoë, dissipline, skitterende afrigting, oefen en nogmaals oefen.
Die skool is bevoorreg om oor afrigters te beskik soos mnre Piet Lourens en Saggie van As.
Die 560kg A-span is agter, van links: Wesley Barkhuizen, Tiaan Kok, Janco Olivier, Philip Saayman, Philip Crafford, mnr Piet Lourens (afrigter) en Roedolf Robertson. Voor: Zack Kroukamp, Thys Lourens en Hardus Swart.
Die 560kg B-span is agter, van links: JW Wessels, Marcus la Grange, mnr Saggie van As (afrigter), Tiaan Klopper, Sebastiaan Lotter en Nico de Jager. Voor: Miga Pretorius, Schutte Muller, Benjamin Herbert, Gideon Pretorius en NJ Tesner.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'